Slimmerd (sagteware)

'n Slimmerd of assistent (Engels: wizard of assistant) is 'n interaktiewe rekenaarprogram wat die gebruiker help met die uitvoer van moeilike take, soos die installering van sagteware. Die gebruiker word stap vir stap gehelp met die stel van voorkeure en word voortdurend op hoogte gehou van vordering, byvoorbeeld watter persentasie van die taak reeds voltooi is. 'n Webwerf wat mense help om 'n vliegtuigkaartjie aanlyn te bespreek is 'n voorbeeld van 'n slimmerd.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy